Ekonoom sê oor IMF aanbevelings aan GRN

--:--
Reaksie word ontvang op die Internasionale Monetêre Fonds wat Namibië versoek om sy loonrekening te sny, staatsondernemings te hervorm en belastingstelsels te versterk om fiskale druk te verlig en groei te bevorder. Met groei wat tot 3,7 persent in 2024 gedaal het, het dit ook beter openbare besteding, belyning van rentekoerse met Suid-Afrika, en sterker pogings teen geldwassery aangemoedig. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement ekonomie gepraat.
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nasionale dialoog ‘n ‘politieke rookskerm’, sê Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen sê hy het nooit gevra om by die Interministeriële Komitee oor die Nasionale Dialoog aan te sluit nie. President Cyril Ramaphosa het die komitee aangestel. Steenhuisen, wat na verwagting as die minister van Landbou sal bywoon, het op 'n nuuskonferensie gesê hy het enkele ure voor…
5 Jul 3AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir toekoms, sê Strauss

Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, het ondersteuners verseker dat planne in plek is om die span se uitnemende vertoning voort te sit ná die vertrek van Jake White as afrigter en rugbydirekteur. Die Bulle het Vrydag aangekondig dat ‘n wedersydse besluit geneem is dat hul paaie onmiddellik…
5 Jul 3AM 1 min

Reuse-ontploffing ruk gemeenskap in Springs

'n Reuse-ontploffing in 'n informele nedersetting in Springs in Ekurhuleni het tientalle mense dakloos gelaat. Gemeenskapslede beweer die ontploffing was die gevolg van plofstof wat onwettige mynwerkers in hul huisies versteek. Die gebied is 'n brandpunt vir onwettige mynbouaktiwiteite. Ekurhuleni Nooddienste se woordvoerder, William Ntladi, sê die brandweer het 'n…
5 Jul 2AM 1 min

DA waarsku teen bilharzia in Limpopo

Die DA in Limpopo sê die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog 'n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen 'n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te…
5 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min