DBV sê oor steel van honde vir kapana-bedryf

--:--
Plaaslike media berig van toenemende honde-diefstalle in Oshakati en omgewing, en dat die troeteldiere oop en bloot aan kapana-verkopers by die Oshakati-mark verkoop word. Die kapana-verkopers sê die vleis is baie gewild en hulle maak sowat 1 000 Namibiese dollar wins op 'n hond-karkas. Hulle koop die lewende honde vir sowat 200 dollar en dra nie kennis of die diere gesteel is of nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sylvia Breitenstein, die Dierebeskermingsvereniging se hoof van operasies.
20 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Spookwerkers moet aangespreek word

Die Vereniging van Staatsamptenare vra onmiddellike, beslissende optrede om spookwerkers in die staatsdiens uit te skakel. ʼn Oudit van die Passasierspooragentskap se betaalstaat het op byna 3 000 spookwerkers afgekom. Die Gautengse Gesondheidsdepartement het onlangs die salarisse van meer as 200 werknemers gevries wat nie bevestig kon word nie. Die…
15 Jul 3AM 1 min

Trump se Navo-ommekeer lok nog reaksie uit

Reaksie stroom in oor Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging dat die VSA wapens aan Oekraïne sal lewer. Navo-lidlande sal daarvoor betaal, ook vir Patriot-missiele. Trump het ook aangekondig dat Rusland se sakevennote 100 persent sekondêre sanksies in die gesig staar as daar nie 'n wapenstilstand ooreenkoms binne 50 dae…
15 Jul 3AM 1 min

Vervoer verlig armoede, bring werksgeleenthede - Nekundi

Stedelike mobiliteit moet as 'n nasionale ontwikkelingsprioriteit behandel word, gelykstaande aan dienste soos water en elektrisiteit, het sprekers by die Stedelike Mobiliteitskonferensie in Windhoek gesê. Minister Veikko Nekundi het via sy adjunk-uitvoerende direkteur, Jonas Sheelongo, beklemtoon dat vervoer werkgeleenthede moontlik maak, armoede verminder en toegang tot onderwys en gesondheidsorg verbeter.
15 Jul 2AM 1 min

210 000 Sassa-begunstigdes verklaar nie ander inkomste nie

Die Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê 'n hersiening in samewerking met geregistreerde kredietburo's het 210 000 begunstigdes geïdentifiseer wat versuim het om ander inkomste te verklaar. Die hoof- uitvoerende beampte, Themba Matlou sê dit skend die Wet op Maatskaplike Bystand, wat tot opskortings of beëindigings van voordele kan…
15 Jul 2AM 1 min

Kaapstad wen weer Beste Stad ter Wêreld

Telegraph-lesers het Kaapstad in die 2025 Telegraph-reistoekennings weer aangewys as die Beste Stad ter Wêreld. Meer as 20-duisend reisigers uit die Verenigde Koninkryk het deelgeneem en vir die sewende keer dié gesogte titel aan Kaapstad toegeken. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad word geloof vir sy pragtige…
15 Jul 1AM 1 min