Europese leiers vergader met Iran-owerhede

--:--
Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, ontmoet vandag sy Franse en Duitse ampsgenote, asook Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Switserland. Die doel is om ʼn diplomatieke manier te kry om Iran se kernprogram te bespreek. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, sal ook teenwoordig wees. Meer as 500 mense is in Israel en Iran dood sedert vyandelikhede begin het. Kallas sê alle kante moet internasionale wette gehoorsaam en selfbeheersing toepas:
20 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit verwelkom bevinding oor SAPD se onbillike arbeidpraktyke

Die vakverbond Solidariteit verwelkom ’n uitspraak deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat bevind het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens skuldig is aan onbillike arbeidspraktyke. Dit volg nadat 'n Valke-offisier in Kimberley in die Noord-Kaap, Ralda Breedt, oor die hoof gesien is vir 'n bevordering wat aan 'n swakker…
15 Jul 6AM 1 min

Oekraïne LP verwelkom Trump se 'ommekeer'

Die Oekraïnse LP, Oleksandr Merezhko, het aan Britse media gereageer op president Donald Trump se ommekeer rakende die Oekraïne, dat hy wapens aan Navo sal voorsien en ook, dat hy sekondêre sanksies wil instel teen Rusland se handelsvennote. Hy sê dit is uiters goeie nuus, veral op drie punte…
15 Jul 6AM 1 min

Organiese landbou plaaslik onder die loep

Die Namibiese Organiese Vereniging en die Namibiese Natuurstigting het saam met streekvennote van Zambië, Malawi en Suid-Afrika 'n gesamentlike strategie ontwikkel vir die bevordering van organiese landbou en agro-ekologie. Dit volg op samewerkings wat deur die Kennissentrum vir Organiese Landbou en Landbou-ekologie in Suidelike Afrika-projek gevestig is. Kosmos 94.1 Nuus…
15 Jul 6AM 1 min

Bek-en-klouseer kan ons ekonomie oornag lamlê

Reaksie word ontvang op nog ‘n bevestiging van bek-en-klouseer in die buurland, die keer in die Vrystaat wat die aantal uitbrekings in vyf provinsies op 270 te staan. Hiervan is 249 uitbrekings nog aktief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jako van Wyk, die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie…
15 Jul 6AM 1 min

Wetlike raamwerk kom vir groenwaterstof

Namibië is besig om 'n wetlike raamwerk op te stel om die groenwaterstof-bedryf te ondersteun, met 'n beleid wat tans deur die energieministerie hersien word. Groenwaterstof-kommissaris James Mnyupe sê die konsep-beleid sal na hersiening aan die kabinet voorgelê word. Befondsing is verseker vir wetlike opstellers, met 'n tender wat reeds…
15 Jul 6AM 1 min