Oos-Kaap verloor 4 200 huise, 400 skole in vloede

--:--
Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer as 40 000 leerders raak. Hy sê die regering is daartoe verbind om slagoffers by te staan:
20 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam vertel van nuwe Unicef-netwerk insluiting

Die Universiteit van Namibië is die land se enigste akademiese instelling wat by Unicef se nuutgestigte Academia for Social and Behavior Change-netwerk in Nairobi aangesluit het. Die netwerk sluit 24 universiteite in en beoog om kinderregte te bevorder deur navorsing, vaardigheidsontwikkeling en beleidsinvloed. Unam het hom daartoe verbind om sosiale…
11 Jul 10AM 1 min

Opwinding bruis oor Eagles vs Proteas

Daar heers groot opgewondenheid oor die Suid-Afrikaanse Proteas wat op 11 Oktober 'n internasionale T20-wedstryd teen die Namibiese FNB Eagles in Windhoek speel. Hierdie wedstryd sal die eerste internasionale wedstryd ooit tussen die twee spanne wees en sal ook die amptelike opening wees van die nuwe FNB High Performance Oval…
11 Jul 10AM 1 min

Grondspanning in Okahandja op kookpunt

Grondspanning kook in Okahandja en die aktivis Johannes Gaseb beskuldig die dorpsraad daarvan dat hulle polities-verbinde besighede bo langtermyn-inwoners bevoordeel het in onlangse grondtoekennings. Die munisipaliteit ontken dit. Gaseb sê die raad het 'n hofbevel van 2020 geïgnoreer om grond aan uitgesette inwoners toe te ken. Hy eis 'n bevriesing…
11 Jul 10AM 1 min

Nujoma se droom van 5 000 huise aan skerwe

Die Khomas-goewerneur Sam Nujoma, wat by sy aanstelling in Maart 5 000 nuwe huise vir die streek in sy eerste jaar beloof het, het sy streeksrede vandag gelewer. Tot dusver is 11 huise voltooi met nog wat beplan word. Nujoma het die syfers en die kostes daarvan.
11 Jul 10AM 1 min

12 Spesmag-lede kry borg in Valke-moordsaak

Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand elk toegestaan aan 12 lede van die Weermag se Spesiale Magte wat teregstaan vir die moord op 'n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die hoof-ondersoeker in misdade teen die staat is in Augustus 2023 op die N1…
11 Jul 9AM 1 min