Ons gaan baie koud kry

--:--
'n Baie sterk koue front word vanaf Woensdag verwag met kanse op ligte reënval in die suidelike streke, en dalk selfs sneeu. Temperature sal na verwagting skerp daal, tot onder vriespunt. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan van den Berg, weerkenner van Suid Afrika gesels wat meer inligting gee.
23 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek stel sy kant van saak oor skuld

Die Stad Windhoek het 409,9 miljoen Namibiese dollar in agterstallige rekeninge aan skuldinvorderaar RedForce oorhandig. Woordvoerder Lydia Amutenya sê die oorhandiging is deel van die 944 miljoen dollar wat teen Mei 2025 aan die stad verskuldig was. Kosmos 94.1 Nuus het met Amutenya gepraat.
8 Jul 9AM 1 min

Trump stuur meer wapens na Oekraïne

President Donald Trump se misnoeë met sy Russiese eweknie Vladimir Putin raak al hoe duideliker en hy het bevestig dat die VSA meer wapens na die Oekraïne sal stuur. Dit kom na hy ‘n besending in Pole teruggehou het. Trump sê die wapens is hoofsaaklik vir verdediging.
8 Jul 9AM 1 min

Polisie-portefeuljekomitee takel ernstige bewerings

Die voorsitter van die parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê ingewortelde korrupsie verlam die SAPD en die regstelsel. Dit volg ná die KwaZulu-Natalse Polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se uitlatings oor sameswering in wetstoepassing en die regbank. Cameron vra vir 'n onafhanklike ondersoek, 'n Parlementêre debat en dat dossiere van…
8 Jul 8AM 1 min

NFA juig oor samewerking met Botswana-sokkervereniging

Die sportministerie het 'n vennootskap tussen die Namibiese en Botswana sokkerverenigings aangekondig, wat die Brave Warriors toelaat om internasionale tuiswedstryde in Francistown, Botswana, aan te bied. Dit ondersteun voortgesette kompetisie terwyl Namibië sy sportinfrastruktuur opgradeer. Cassius Moeti, die waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging, het meer.
8 Jul 8AM 1 min

Mbalula vaar uit teen die media

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê sekere joernaliste het hulle rol as onafhanklike verslaggewers prysgegee om na bewering politieke agendas te bevorder. Terwyl die party mediavryheid verdedig, mag dit nie met straffeloosheid verwar word nie. Mbalula beweer hierdie soort gekaapte joernalistiek ondermyn die publiek se vertrou en die…
8 Jul 6AM 1 min