Nanso sê minerale moet betaal vir gratis hoër onderwys

--:--
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het die publiek verseker dat die beplande gratis tersiêre onderwys by staatsinstellings nie studente wat by private instellings ingeskryf is, sal benadeel nie. Hy het gepraat by die opening van die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings se eerste vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso.
23 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Waak teen brande, veral as jy partytjie hou

NamPol het 'n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat 'n ernstige waarskuwing rig.
9 Jul 11AM 1 min

Wêreld moet Hamas se seksuele geweld erken

Hamas het seksuele geweld tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 gebruik, volgens 'n vrouegroep van Israeliese regs- en geslagskundiges. Die Dinah-projek sê die verslag is gebaseer op 'n oorsig van bewyse, insluitend eerstehandse getuienis van 'n oorlewende van 'n poging tot verkragting. Daar is ook getuienis van…
9 Jul 11AM 1 min

Swakopmund se YEDI-program teiken jeug-entrepreneurs

Die Swakopmund-munisipaliteit het sy YEDI-program bekend gestel. Die Youth Entrepreneurial Development-inisiatief is daarop gemik om jeug en kleinsake-eienaars toe te rus met noodsaaklike toerusting, opleiding en ondersteuning om hulle besighede te help groei. Die amptelike bekendstelling vind Vrydag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale woordvoerder Linda Mupupa gepraat.
9 Jul 10AM 1 min

NNN sien groot geleenthede in Indië-samewerking

Tydens besprekings oor die verhouding tussen Namibië en Indië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah verklaar dat beide lande die kapasiteit het om handel en belegging uit te brei. Sy het die enorme potensiaal vir die verdieping van samewerking in sleutelsektore soos groen waterstof, mynbou en waardetoevoeging, olie en gas, landbou- en…
9 Jul 10AM 1 min