
As skietstilstand hou, wen almal, ook markte
--:--
Brent ru-olie verhandel uiters wisselvallig vandag. Die kommoditeit het handel Maandag teen amper 80 Amerikaanse dollar ‘n vat geopen en vanoggend gedaal met die aankondiging van die skietstilstand tussen Israel en Iran. Daarna het dit weer begin styg. Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê as die skietstilstand hou, is alle aanduidings uiters positief, ook vir al die markte.