
Beleggings: Afrika suid van die Sahara suip aan agterspeen
--:--
Wêreldbank-navorsing toon dat Afrika suid van die Sahara slegs 5 persent van die wêreldwye buitelandse beleggingsinvloei tussen 2012 en 2023 ontvang het. Dit was die laagste onder ontwikkelende streke. Buitelandse beleggings, eens die sleutel tot groei in ontluikende markte, het gedaal tot ongeveer 2 persent van die BBP, af van 5 persent in 2008, wat kommer wek oor langtermynontwikkeling en infrastruktuurbelegging. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus.