Van Vuuren sê oor inheemse kennis, Londense reis

--:--
Marlice van Vuuren van die N/a’an ku sê-stigting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die uitnodiging na die komende Harmony Summit, aangebied deur The King’s Foundation op 7 Julie by Highgrove House and Gardens in Gloucestershire, in die Verenigde Koninkryk. Die Harmony Summit sal fokus op die deel van inheemse kennis en ondersoek instel na hoe die kennis benut kan word om beter in harmonie met die natuur kan leef. Van Vuuren het meer.
24 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reuse-ontploffing ruk gemeenskap in Springs

'n Reuse-ontploffing in 'n informele nedersetting in Springs in Ekurhuleni het tientalle mense dakloos gelaat. Gemeenskapslede beweer die ontploffing was die gevolg van plofstof wat onwettige mynwerkers in hul huisies versteek. Die gebied is 'n brandpunt vir onwettige mynbouaktiwiteite. Ekurhuleni Nooddienste se woordvoerder, William Ntladi, sê die brandweer het 'n…
5 Jul 2AM 1 min

DA waarsku teen bilharzia in Limpopo

Die DA in Limpopo sê die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog 'n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen 'n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te…
5 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min