
Israel moet nou kalmeer, sê vies Trump
--:--
Amerikaanse president Donald Trump het met die media gepraat net voor hy vertrek het na die Navo-beraad in Brussel. Hy het die skietstilstand en moontlike oortredings daarvan vanoggend aangespreek. Dit kom na Israel se verdedigingminister, Israel Katz, die Leër opdrag gegee het om te reageer nadat die Weermag inkomende Iranse missiele aangemeld het. Iran ontken dat hy missiele afgevuur het nadat die verposing in werking getree het.