AfriForum soek Zuma se bates

--:--
AfriForum beplan om lasbriewe te bekom om beslag te lê op oudpresident Jacob Zuma se bates weens sy versuim om meer as 500-duisend Suid-Afrikaanse rand se regskostes te betaal. Die kostes hou verband met sy onregmatige mediese parooluitspraak in 2021. Slegs een betaling is ontvang, ondanks bevele van die Hooggeregshof in Pretoria, die Appèlhof en die Konstitusionele Hof. Louis Boshoff van AfriForum veroordeel Zuma se vertragingstaktiek:
24 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA waarsku teen bilharzia in Limpopo

Die DA in Limpopo sê die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog 'n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen 'n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te…
5 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar…
4 Jul 11AM 1 min