
Kandjeke sê oor nie-nakoming van goudmyne
--:--
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy oudit van die mynbousektor wat bevestig het dat drie van die land se belangrikste goudmyne, die Navachab-goudmyn, B2Gold Namibia en Osino Resources, nie voldoen aan die plaaslike vereistes vir eienaarskap soos in die Mineralewet uiteengesit is. Die oudit het ook verskeie gebiede van nie-nakoming van ander verpligtinge uitgewys, ook rakende die verslagdoeningsverpligtinge van mynmaatskappye. Kandjeke het meer oor die volgende stappe.