Cyril dank DA se Whitfield af, Steenhuisen briesend

--:--
DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy Andrew Whitfield van die party as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Hy voer aan Whitfield is verwyder omdat hy sy werk goed gedoen het. Steenhuisen het tydens die aanvaarding van die Wet op die Verdeling van Inkomste in die Parlement gesê die skuif is 'n berekende aanval op die DA. Hy sê dit ontbloot dubbele standaarde, met ministers wat met korrupsie en staatskaping verbind word, steeds in hul poste:
26 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bank Windhoek hersien ook fooie

Bank Windhoek het 'n hersiene fooistruktuur bekendgestel in reaksie op ekonomiese druk en 'n geprojekteerde inflasiekoers van 4,5 persent. Die aanpassings is daarop gemik om diensgehalte met bekostigbaarheid te balanseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Zenaune Kamberipa, die bank se hoof finansiële beampte gepraat.
6 Jul 11PM 1 min

Wetstoepassers ontplooi by hospitale in buurland

Die regering sê die Polisieministerie en die Departement van Gesondheid het openbare orde-polisiëring ontplooi om wet en orde by gesondheidsfasiliteite te handhaaf, aangesien Suid-Afrikaners buitelandse burgers verhoed om toegang te verkry. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê wetstoepassers sal voortgaan om die wet toe te pas, en daadwerklike stappe doen…
6 Jul 11PM 1 min

Gure weer hou Wes-Kaap gevange

Die Wes-Kaapse Provinsiale Rampbestuursentrum bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl slegte weersomstandighede voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat nog koue, nat en winderige weer op pad is, met reënval van tien tot 20 millimeter wat in verskeie gebiede verwag word, veral in bergagtige streke. Die woordvoerder van die departement van…
6 Jul 6AM 1 min

Oudit oor SA spookwerkers dringend nodig

'n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir 'n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, 'n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300-miljard-rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim…
6 Jul 5AM 1 min

SA minister wil lyfstraf in tronke hê

Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die…
6 Jul 4AM 1 min