Hoër-onderwys geleenthede op skou by Nust

--:--
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied môre die Europese Unie Hoër Onderwys-skou aan. Die geleentheid is ontwerp om inligting te verskaf oor 'n wye verskeidenheid voorgraadse, nagraadse en doktorale-studiegeleenthede. Dit het ook ten doel om breër ondersoek na internasionale studie- en uitruilgeleenthede te inspireer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Cindy Van Wyk, 'n skakelbeampte by Nust.
27 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakopmund se YEDI-program teiken jeug-entrepreneurs

Die Swakopmund-munisipaliteit het sy YEDI-program bekend gestel. Die Youth Entrepreneurial Development-inisiatief is daarop gemik om jeug en kleinsake-eienaars toe te rus met noodsaaklike toerusting, opleiding en ondersteuning om hulle besighede te help groei. Die amptelike bekendstelling vind Vrydag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale woordvoerder Linda Mupupa gepraat.
9 Jul 10AM 1 min

NNN sien groot geleenthede in Indië-samewerking

Tydens besprekings oor die verhouding tussen Namibië en Indië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah verklaar dat beide lande die kapasiteit het om handel en belegging uit te brei. Sy het die enorme potensiaal vir die verdieping van samewerking in sleutelsektore soos groen waterstof, mynbou en waardetoevoeging, olie en gas, landbou- en…
9 Jul 10AM 1 min

Korrupsie-ondersoeke 'moet verder gaan as Namcor'

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat altesaam agt verdagtes gearresteer is oor vermoedelike korrupsie by Namcor. Voormalige bestuurders by Namcor Imms Mulunga, Jennifer Hamukwaya, Cedric Willemse en Olivia Dunaiski is gister in hegtenis geneem. Die broers Peter Elindi en Malakia Elindi, wat die militêre brandstof-voorsiener Enercon besit, is vandag gearresteer saam…
9 Jul 10AM 1 min

Cyril moet dringend ingryp oor tariewe: Solidariteit

Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om dringend op te tree om reuse-werksverliese te voorkom na Amerika se besluit om van volgende maand 'n heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere op te lê. Die vakbond sê die regering se gebrek aan optrede kan belangrike uitvoere belemmer en moontlik die voordele van…
9 Jul 9AM 1 min

Eerste middel vir malaria in babas, kleuters ontwikkel

Novartis het goedkeuring ontvang in Switserland vir Coartem Baby, die eerste middel wat malaria in babas en baie jong kinders behandel. Babas is tot dusver formulerings gegee wat vir ouer kinders bedoel is, wat die risiko van oordosis verhoog. Malaria-entstowwe word ook nie vir die jongste babas goedgekeur nie. Agt…
9 Jul 9AM 1 min