
DA oorweeg mosie van wantroue teen Ramaphosa
--:--
Die DA sê die party oorweeg 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa en beskuldig hom dat hy ministers beskerm wat van korrupsie aangekla is. Die DA-leier John Steenhuisen het ook die party se onttrekking aan die Nasionale Dialoog aangekondig en noem dit 'n verkwistende ANC-verkiesingsfoefie. Dit volg na die afdanking van die voormalige adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, na 'n ongemagtigde VSA-reis. Steenhuisen sê die dialoog is nou 'n mors van tyd en waarsku Ramaphosa sy leierskap van die regering van nasionale eenheid is in gevaar: