
Hannes aan Huis keer terug – met nuwe stories, oop harte en ’n paar geliefde gunstelinge
--:--
Met sy kenmerkende warmte, humor en empatie nooi Hannes van Wyk vanjaar weer ’n verskeidenheid gaste oor sy drumpel – van bekendes en kunstenaars tot stille rolspelers agter die skerms van Suid-Afrika se kultuur en geskiedenis. Sommige geselsies is splinternuut, terwyl ander só geliefd was dat hulle op versoek van kykers terugkeer.Seisoen 12 van Hannes aan Huis word Dinsdagaande 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.