Bizskoops - 7 Augustus 2025

Loading player...
Op die program vandag...
# Markte is senuweeagtig oor die verskil tussen die Reserwebank en minister Godongwana oor die inflasieteiken
# Die JSE oorweeg dit om 24-uur-handel in te stel
# Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor die nodigheid van beleidskoördinering
# In internasionale sakenuus… Kritici waarsku oor die impak van 'n 100 persent-tarief op die invoer van Russiese olie.
# In beleggingsnuus… Pick n Pay gaan voort met beplande winkelsluitings en -omskakelings
En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere ’n opname wat toon dat klein en mediumgrootte ondernemings hoë vlakke van stres ervaar.
8 Aug 2025 Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 28 Mei 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal hierdie week oor die repokoers besluit, en ons bespreek die moontlike faktore wat die besluit beïnvloed en die waarskynlike uitkomste. Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise verduidelik ook hoe die wêreldwye effekte-uitverkoping Suid-Afrika se leenkoste verhoog. Professor Waldo Krugell bespreek…
28 May 8 min

Bizskoops - 21 Mei 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Ons gesels met doktor Elna Moolman, Groephoof van Suid-Afrikaanse Makro-ekonomiese Navorsing by Standard Bank, oor April-inflasie, wat tot 4% gestyg het, terwyl minister Gwede Mantashe Suid-Afrikaners verseker dat daar geen onmiddellike risiko van brandstoftekorte is nie. Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise ontleed kommer…
21 May 9 min

Bizskoops - 14 Mei 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Ons gesels met professor Deon Tustin van Unisa oor die nuutste voorspellings van die Buro vir Marknavorsing en Unisa Ekonoom van die Jaar-kompetisie. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het gestyg en Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise ontleed die kommer wat deur die Nasionale Tesourie…
14 May 9 min

Bizskoops - 07 Mei 2026

Suid-Afrika kan vanjaar ongeveer eenduisend 540 sake-insolvensies sien, terwyl stygende brandstofkoste verbruikers aanspoor om reis te verminder. Ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise oor die vraag of die Suid-Afrikaanse Reserwebank die leiding van die Federale Reserweraad en die Bank van Engeland kan volg om rentekoerse konstant…
7 May 8 min

Bizskoops - 30 April 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Die brandstofbelastingverligting is verleng tot 2 Junie, terwyl die regering veranderinge aan sy valutabeheerstelsel en openbare verkrygingsregulasies voorstel. Professor Waldo Krugell besin oor die stand van die ekonomie in die lig van Vryheidsdag en vra of ware vryheid moontlik is sonder ekonomiese groei. In globale…
30 Apr 10 min