Marissa Verheij gesels oor haar nuwe lied, The Lord's Prayer

Loading player...
In haar nuutste vrystelling neem Marissa luisteraars op ’n besonderse geestelike reis met die kragtige woorde van die Onse Vader. Hierdie lied is nie net musiek nie, dit is ’n gebed wat met siel en hart gesing word... ’n uitnodiging om saam stil te word en God se teenwoordigheid te ervaar. Luister hoe sy meer deel oor die inspirasie agter die lied, die boodskap wat sy hoop mense daaruit sal neem, en haar passie om geloof deur musiek te deel.
15 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Ma's met 'n missie

Ma-wees is een van die mooiste, maar soms ook een van die eensaamste reise. En hoewel elke ma haar eie uitdagings het, is daar iets besonders daaraan om ander vroue te hê wat verstaan, saam luister en jou ondersteun. Ma’s met ’n Missie is juis ’n gemeenskap waar ma’s gereeld…
26 Nov 4AM 11 min

Aktualiteit: Hoe lyk die koalisiemoontlikhede in Tshwane en Johannesburg?

Die politieke kaarte in Gauteng se twee grootste metro’s, Johannesburg en Tshwane, is ná die plaaslike verkiesing behoorlik geskommel. Geen enkele party het in een van die twee metro’s ’n volstrekte meerderheid behaal nie, wat koalisievorming noodsaaklik gemaak het. Die DA het in albei metro’s die meeste stemme gekry, maar…
26 Nov 4AM 17 min

Snoete-goete: Waarom stories oor diere so belangrik is vir kinders

Daar is iets besonders aan ’n storie waarin ’n jakkals slim planne maak, ’n skilpad geduldig sy pad stap of ’n leeu leer wat ware moed beteken. Kinders is dikwels baie meer ontvanklik vir ’n lewensles wanneer dit deur ’n storie vertel word as wanneer ’n grootmens bloot vir hulle…
24 Nov 3AM 8 min

ABC van Ouerskap: Z - zzzzz (slaap)

Slaap is een van die grootste gesprekspunte in ouerskap. Van pasgebore babas wat dag en nag deurmekaar het, tot kleuters wat skielik nie meer wil gaan slaap nie – ’n goeie nagrus kan soms soos ’n onbereikbare droom voel! Maar slaap is veel meer as net ’n blaaskans vir mamma…
24 Nov 3AM 12 min

Wat gebeur met 'n leier wanneer hul spanning ervaar?

Suid-Afrikaanse besigheidseienaars en leiers is onder volgehoue druk - ekonomiese onsekerheid, stygende koste en die bestuur van spanne deur aanhoudende verandering. Hierdie gesprek bied jou ‘n raamwerk wat jy nog nie gehoor het nie, en dit is onmiddellik toepasbaar. Dit is nie abstrakte leierskapsteorie nie. Dit handel oor wat in…
23 Nov 5AM 18 min