Kommer oor mynwese in bewareas

Loading player...
Grootskaalse skietwerk by die Goatagab-myn is in die nuus. Die myn is in die Sorris Sorris bewarea naby Khorixas. Die eksplorasie word gelei deur Timoteus Mashuna, wat na bewering 50 miljoen Namibiese dollars ingepalm het as gevolg van 'n transaksie naby Uis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Don Andrews, die natuurlike hulpbronne bestuurder by die Doro !Nawas bewarea, wat sy kommer uitspreek oor die verwikkeling. Andrews het meer.
3 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min

Kuberkrakers teiken nou telefoonnommers, sê kenner

Telefoonnommers het die nuwe ID geword en misdadigers weet dit. Dit is die waarskuwing van kuberveiligheidsdeskundige Melanie Meiring, wat met Kosmos 94.1 Nuus praat oor die skerp toename in SIM-kaartbedrog, nabootsing en aanlyn bankdienste-swendelary. Sy sê georganiseerde misdaadnetwerke kaap telefoonnommers om nuwe wagwoorde te skep, eenmalige PIN's te onderskep en…
22 Feb 12AM 1 min

Eskom se opwekking verbeter steeds

Eskom sê sy opwekkingsvermoë toon steeds bestendige en meetbare verbetering, wat die betroubaarheid van Suid-Afrika se kragstelsel versterk en vertroue in die breër ekonomie ondersteun. Woordvoerder Daphne Mokwena sê verbeterings in die beskikbaarheid van aanlegte, en verminderde onbeplande onderbrekings, het die bestendigheid van die nasionale netwerk versterk. Sy sê hierdie…
22 Feb 12AM 1 min

Kommer in SA oor meer moorde op polisiebeamptes

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor die toename in moorde op polisiebeamptes, ten spyte van 'n algehele afname in geweldmisdaad. Volgens die jongste misdaadstatistiek is 23 beamptes tussen Oktober en Desember dood, met byna 80-persent van hulle wat van diens af was. Cachalia het aan…
21 Feb 11PM 1 min