Aktualiteit: Privaat universiteite kan binnekort formeel erken word

Loading player...
Met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se goedkeuring van die nuwe beleid wat privaat universiteite in Suid-Afrika formeel erken, breek ’n heel nuwe era vir tersiêre onderwys aan. Akademia, as een van die land se voorste privaat hoëronderwysinstellings, staan bekend as ’n instelling wat reeds jare lank akademiese gehalte, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid bevorder. Liana van Rooy, registrateur van Akademia, gesels oor die betekenis van hierdie beleidsverandering, die pad vorentoe en wat dit vir studente én die onderwyssektor inhou.
22 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: The Butterfly Foundation

The Butterfly Foundation het ontstaan uit ’n eenvoudige maar kragtige begeerte: om terug te gee aan die gemeenskap en God se liefde tasbaar uit te leef. Wat begin het as ’n groep vriende met ’n hart vir diensbaarheid, het gegroei tot ’n geloofsgedrewe organisasie wat mense, vaardighede en hulpbronne mobiliseer…
12 Feb 4AM 12 min

Snoete-goete: Animotion

Wanneer ons aan prosteses dink, dink ons gewoonlik aan mense — maar tegnologie verander ook die lewens van diere wat ledemate verloor het weens beserings, ongelukke of aangebore toestande. Organisasies soos Animotion help om spesiaal-ontwerpte prosteses vir diere te ontwikkel, wat hulle weer mobiliteit, onafhanklikheid en ’n beter lewensgehalte gee…
6 Feb 8AM 8 min