VERSKILMAKERS: U-Turn

Loading player...
Haweloosheid is kompleks en raak ons almal, maar in die hart van Pretoria
is daar nou uitkomkans. U-Turn Pretoria se terapeuties-gebaseerde vier-fase program bied stap vir stap hoop. Dit sluit in hulp met basiese behoeftes, rehabilitasie, terapie, werksgereedheid en vaardigheidsontwikkeling.
Met ’n 85% langtermyn sukseskoers oor meer as 25 jaar, bring U-turn ‘n ware
180-grade omkeer – van hopeloosheid na onafhanklikheid. Besoek U-Turn Pretoria se Lighthouse-sentrum, of kontak Herman by 082 556 5591.
24 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: The Butterfly Foundation

The Butterfly Foundation het ontstaan uit ’n eenvoudige maar kragtige begeerte: om terug te gee aan die gemeenskap en God se liefde tasbaar uit te leef. Wat begin het as ’n groep vriende met ’n hart vir diensbaarheid, het gegroei tot ’n geloofsgedrewe organisasie wat mense, vaardighede en hulpbronne mobiliseer…
12 Feb 4AM 12 min

Snoete-goete: Animotion

Wanneer ons aan prosteses dink, dink ons gewoonlik aan mense — maar tegnologie verander ook die lewens van diere wat ledemate verloor het weens beserings, ongelukke of aangebore toestande. Organisasies soos Animotion help om spesiaal-ontwerpte prosteses vir diere te ontwikkel, wat hulle weer mobiliteit, onafhanklikheid en ’n beter lewensgehalte gee…
6 Feb 8AM 8 min