Herlewing van SA se treinvervaardigingsbedryf verwelkom

Loading player...
Cosatu het die regering geloof vir die herlewing in die plaaslike treinvervaardigingsbedryf nadat die 300ste passasierstrein die week in Nigel voltooi is. Dis deel van die regering se groter poging om die passasierspoorbedryf te herbou tot ʼn betroubare, doeltreffende en inklusiewe manier van vervoer. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle is vol vertroue die teiken om 600 passasierstreine teen 2035 te vervaardig, sal nie net realiseer nie, maar kan oortref word:
31 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek sê van verkopers-reëlings by Havana Fourway

Die Stad Windhoek het stappe gedoen om die handelsreëlings by Havana Fourway te verduidelik namate konstruksie aan die opgradering van Eneas Peter Nanyemba-pad toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met stadswoordvoerder Lydia Amutenya gepraat, wat sê dat verkopers wat binne die padreserwe werksaam is, na 'n aangewese gemeenskapsmark en taxistaanplek verskuif…
19 Feb 10AM 1 min

Twee mans vas oor skiet van tuinier by Mugabe-huis in Joburg

Die Gautengse polisie het bevestig twee mans van 28 en 33 is in hegtenis geneem by die seun van die Zimbabwiese oudpresident, Robert Mugabe, se huis in Hydepark, Johannesburg. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê hulle word verdink van poging tot moord nadat 'n tuinier geskiet en in 'n bedenklike toestand hospitaal…
19 Feb 10AM 1 min

Loopbaankermis 2026 volgende week by DHPS

Vir die tweede agtereenvolgende jaar span die Deutsche Höhere Privatschule Windhoek, DHPS, die Goethe-Institut Namibia en die PASCH-netwerk hul kragte saam om Loopbaankermis 2026 van 26 tot 28 Februarie aan te bied. Dit is 'n gratis onderwys- en loopbaankermis wat jongmense presiese inligting oor geleenthede vir hul toekoms bied. Die…
19 Feb 9AM 1 min

2026/27-begroting kom op 26 Februarie

Finansminister Ericah Shafudah sal die wetsontwerp vir die nasionale begroting vir 2026/27 op Donderdag, 26 Februarie om half-drie in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Die begroting sal toepaslike bedrae geld toeken om te verseker dat die staat se finansiële behoeftes vir die fiskale jaar wat op 31 Maart 2027…
19 Feb 9AM 1 min