
Regering omgekrap omdat Trump wit Afrikaners voortrek
Loading player...
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê bewerings van 'n sogenaamde wit volksmoord in Suid-Afrika is ongegrond en polities-gemotiveerd. Dit volg op berigte dat die Trump-administrasie beplan om wit Afrikaners voorkeur te gee vir vlugtelingstatus in Amerika. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dit stel die land se misdaadprobleem verkeerd voor en ondermyn maatskaplike samehorigheid. Phiri sê die regering is daartoe verbind om alle burgers te beskerm:

