
ANC soek vinnige optrede met Madlanga-kommissie
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula het wetstoepassingsagentskappe aangemoedig om vinnig op te tree en mense te arresteer as daar bewyse is en nie te wag vir die Madlanga-kommissie om klaar te maak nie. Mbalula se standpunt verskil van die ANC se siening in Julie toe die regsproses beklemtoon is. Die kommissie ondersoek korrupsie en politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Mbalula het by die OR Tambo Gedenklesing in die Oos-Kaap gesê onmiddellike aanspreeklikheid is noodsaaklik:

