
Data se rol in nasionale ontwikkeling onder die loep
Loading player...
Die Ontwikkelingswerkswinkel Namibië en die Namibiese Statistieke-agentskap sal Data Sparks Namibia 2025 op Dinsdag en Woensdag by die Mövenpick Hotel in Windhoek aanbied. Die tweedaagse hibriede geleentheid sal kundiges, innoveerders en beleidmakers bymekaarbring om te ondersoek hoe data besluitneming, innovasie en nasionale ontwikkeling kan dryf. Die geleentheid is daarop gemik om samewerking tussen sektore te versterk en data se rol as 'n katalisator vir vooruitgang te beklemtoon. Woordvoerder van die Statistiekagentskap, Mirjam Shihepo, het meer.

