Savanna Beef amper gereed

Loading player...
Savanna Beef se aanleg net Suid van Okahandja en geleë op 'n 25 hektaar-perseel, sluit 'n inbedryfgestelde kragsentrale in om 'n ononderbroke elektrisiteitstoevoer te verseker, asook 'n waterbehandelings- en herwinningsaanleg wat amper voltooi is. Die projek se finansiële struktuur kombineer 200 miljoen Namibiese dollar van ongeveer 730 produsente-aandeelhouers, 40 miljoen dollar van internasionale beleggers, 150 miljoen dollar in konstruksielenings en 86 miljoen dollar in ‘n finansiële huurkontrak. Die hoofingenieurs-, verkrygings- en konstruksiekontrak beloop 352 miljoen dollar, met bykomende infrastruktuur wat die totale kapitaalkoste op 417,5 miljoen dollar te staan bring. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs met Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard, gepraat:
3 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gemeenskappe 'moet met polisie saamwerk teen misdaad'

Inspekteur Serafine Kandjimi, gemeenskapspolisiëringsbeampte in die Erongo-streek, het kommer uitgespreek oor toenemende alkohol- en dwelmmisbruik, geslagsgebaseerde geweld, roekelose bestuur en opportunistiese misdade in die streek. Sy sê dat hierdie uitdagings steeds huishoudings destabiliseer en openbare vrede versteur. Kandjimi het gemeenskapslede versoek om met die polisie saam te werk deur inligting…
15 Jan 10AM 1 min

Dion George bedank uit DA, beskuldig Steenhuisen

Die voormalige minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Dion George, het ná 28-jaar uit die DA bedank. Dit volg nadat DA-leier John Steenhuisen in November versoek het dat hy as minister verwyder word. George het ook bedank as voorsitter van die DA se Federale Finansiële Komitee en as parlementslid. Hy…
15 Jan 10AM 1 min

Bly weg van aanlyn-boelie, waarsku Theofelus leerders

Die akademiese jaar het vandeesweek begin en ministers doen hul rondtes by verskeie skole in die land. Die minister van inligting, Emma Theofelus, was onlangs by Swakopmund Primêre Skool en het die leerlinge aangemoedig om weg te bly van aanlyn-afknouery. Sy sê in die digitale era skuil baie leerders agter…
15 Jan 9AM 1 min

Afrigter Botha vertel van Beatrice se medikasie-probleme

Namibië se liefling atleet Beatrice Masilingi het met die media gepraat oor haar uitdagings rakende gedwonge medikasie om testosteroonvlakke af te bring. Sy drink dit nie meer nie. Haar afrigter Henk Botha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê die uitdagings, veral vir Beatrice, is baie groot. Hy verduidelik.
15 Jan 9AM 1 min