Maduro van Venezuela se dae getel, sê Trump

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê sy ampsgenoot van Venezuela, Nicolás Maduro, se dae is getel. Minstens 64 mense is sedert September dood in Amerikaanse aanvalle in die Karibiese See en oostelike Stille Oseaan. Maduro, wat in Amerika van dwelm-oortredings aangekla word, beskuldig Washington dat hy dwelmhandel gebruik as dekmantel vir ʼn regime-verandering om Venezuela se olie te bekom. Trump verwerp bewerings dat Amerika se optrede nie oor dwelmhandel gaan nie, maar om Maduro uit die kussings te lig:
3 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gemeenskappe 'moet met polisie saamwerk teen misdaad'

Inspekteur Serafine Kandjimi, gemeenskapspolisiëringsbeampte in die Erongo-streek, het kommer uitgespreek oor toenemende alkohol- en dwelmmisbruik, geslagsgebaseerde geweld, roekelose bestuur en opportunistiese misdade in die streek. Sy sê dat hierdie uitdagings steeds huishoudings destabiliseer en openbare vrede versteur. Kandjimi het gemeenskapslede versoek om met die polisie saam te werk deur inligting…
15 Jan 10AM 1 min

Dion George bedank uit DA, beskuldig Steenhuisen

Die voormalige minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Dion George, het ná 28-jaar uit die DA bedank. Dit volg nadat DA-leier John Steenhuisen in November versoek het dat hy as minister verwyder word. George het ook bedank as voorsitter van die DA se Federale Finansiële Komitee en as parlementslid. Hy…
15 Jan 10AM 1 min

Bly weg van aanlyn-boelie, waarsku Theofelus leerders

Die akademiese jaar het vandeesweek begin en ministers doen hul rondtes by verskeie skole in die land. Die minister van inligting, Emma Theofelus, was onlangs by Swakopmund Primêre Skool en het die leerlinge aangemoedig om weg te bly van aanlyn-afknouery. Sy sê in die digitale era skuil baie leerders agter…
15 Jan 9AM 1 min

Afrigter Botha vertel van Beatrice se medikasie-probleme

Namibië se liefling atleet Beatrice Masilingi het met die media gepraat oor haar uitdagings rakende gedwonge medikasie om testosteroonvlakke af te bring. Sy drink dit nie meer nie. Haar afrigter Henk Botha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê die uitdagings, veral vir Beatrice, is baie groot. Hy verduidelik.
15 Jan 9AM 1 min