
New York stem vandag, Trump weier om met kommunis saam te werk
Loading player...
New York hou vandag sy burgemeesterverskiesing, en Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal onwillig wees om die stad se federale befondsing voort te sit as dit deur 'n “kommunis” bestuur word. Meningspeilings dui daarop dat die gewilde Zohran Mamdani voorloop teen sy belangrikste mededinger, die voormalige Demokratiese New York-goewerneur, Andrew Cuomo. Mamdani beskryf homself as 'n demokratiese sosialis, ietwat soos 'n “Skandinawiese politikus, net bruiner”. Dit kom terwyl die Trump-administrasie herhaaldelik probeer het om federale toelaes en befondsing te besnoei vir projekte wat in Demokratiese gebiede. Luister na Trump:

