
Verslapping van bepalings van jeugfonds verwelkom
Loading player...
Die regering se besluit om aansoekers van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds toe te laat om aansoek te doen sonder Bipa-registrasiedokumente, is as 'n positiewe stap verwelkom. Suksesvolle aansoekers sal nou slegs hul Bipa-besigheidsregistrasie hoef te voltooi sodra hul projekte goedgekeur is. Die ouderdomsgrens vir aansoekers is ook van 35 na 45 verhoog. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, gesê dat hierdie veranderinge Namibiërs in al 14 streke 'n beter geleentheid sal gee om voordeel te trek uit die fonds.

