
Boorwerk aan Ohangwena-akwifer vorder
Loading player...
Die ministerie van landbou maak bestendige vordering met die 140-hektaar Ekoka-besproeiingsprojek in die Ohangwena-streek. Boorwerk vir 'n betroubare waterbron is nou aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Simon Nghipandulwa, gesels wat sê die projek sal onbewerkte grond in 'n produktiewe landbousentrum omskep, werksgeleenthede skep en plaaslike voedselsekerheid bevorder.

