
Stad Windhoek soek name vir die Kindergedenkmuur
Loading player...
Die Stad Windhoek nooi gesinne wat kinders onder die ouderdom van 21 tussen 2024 en 2025 verloor het om hul name in te dien vir insluiting op die Kindergedenkmuur. Die name sal tydens die jaarlikse Kersaansteekseremonie hierdie Desember onthul word. Voorleggings sluit op 14 November. Kommunikasiebeampte by die munisipaliteit, Cillie Kapolo, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

