
Handelstekort krimp maar bly groot
Loading player...
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir September bekend gemaak. Die handelstekort het wel gekrimp teenoor Augustus maar bly hemelhoog op 3,4 miljard Namibiese dollar. Suid-Afrika bly boaan die lys as Namibië se voorste handelsvennoot, terwyl uitvoere hoofsaaklik deur minerale soos uraan, diamante en goud gedryf is. Vis het uitgestaan as die enigste nie-minerale uitvoer in die top vyf. Mirjam Shihepo van die agentskap.

