
Kinders wat honger ly oor regeringsluiting in rykste land is onaanvaarbaar
Loading player...
Die sluiting in die Amerikaanse regering duur voort. Terwyl die regering gesê het hy sal 50 persent van die befondsing vir voedselkoeponne vir 42 miljoen armoedige Amerikaners beskikbaar stel, is die nood groot en voedselbanke kan nie voor bly nie. Die VSA is die rykste land in die wêreld en akteur en stigter van die End Hunger Network, Jeff Bridges, sê dis onaanvaarbaar.

