
ECN begin stembriewe landswyd versprei
Loading player...
Die Verkiesingskommissie het die verspreiding van stembriewe aan verskeie streeks- en plaaslike owerhede vir die komende verkiesings op 26 November afgeskop. Dit kom na die besending Maandag in die land aangekom het. Die verspreiding sal op 17 November afsluit. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verspreidingsproses op 'n deursigtige wyse plaasvind.

