
Verslapte vereistes vir Jeugontwikkelingsfonds kan SME's help
Loading player...
Reaksie kom steeds in oor die regering se besluit om die vereistes vir aansoeke van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te verslap. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê die veranderinge toon 'n poging om sakebefondsing meer inklusief te maak. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die skrapping van die Bipa-registrasievereiste in die aansoekstadium kleiner, ongeregistreerde entrepreneurs sal help om deel te neem.

