
Dis nie ons: gesondheidsministerie oor mediese afval storting
Loading player...
Die gesondheidsministerie het homself gedistansieer van die onwettige storting van hospitaal- en mediese-afval wat naby Sentraal Hospitaal in Windhoek-Wes ontdek is. Items soos baba-broeikaste, prostetiese ledemate, bedlinne en dokumente met die ministerie se briefhoof is op die terrein gevind. Woordvoerder Walters Kamata het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ministerie 'n ondersoek van stapel gestuur het om te bepaal of die afval van sy fasiliteite afkomstig is.

