
David Beckahm het gehuil toe hy hoor hy word Sir David
Loading player...
Die voormalige Engelse sokkerkaptein en sterspeler van Manchester United, David Beckham, is Dinsdagmiddag vereer vir sy dienste aan sport en liefdadigheid en is deur koning Charles tot ridder geslaan. Sir David het in noordoos-Londen grootgeword, 115 wedstryde vir Engeland gespeel, waarvan 59 as kaptein, en 17 doele vir sy land aangeteken. Hy het in drie Wêreldbekers gespeel - in 1998, 2002 en 2006 - gespeel, en in 2000 en 2004 in Europese Kampioenskappe gespeel. Hy sê hy het gehuil.

