
Staking van landdroste sal voortgaan
Loading player...
Die vergadering tussen regeringsamptenare en komiteelede wat landdroste verteenwoordig, wat Dinsdagaand gehou is, het nie gunstige resultate opgelewer nie. Regsman Florian Beukes het aan die plaaslike uitsaaier gesê dat samesprekings vanmiddag sal hervat. Hy het verder gesê dat die beplande staking deur landdroste soos geskeduleer sal voortgaan. Intussen het die Regbank ‘n beroep op landdroste gedoen en sê hy is toegewyd aan die proses om hulle kommer aan te spreek. Woordvoerder Vikitoria Hango.

