
Tersiêre opleiding moet in oorleg met alle sektore aangepak word
Loading player...
Bestuursdeskundige Pius Dunaiski sê Namibië se gratis tersiêre onderwysbeleid is 'n welkome stap, maar waarsku dat dit kan negatief uitdraai as dit nie behoorlik geteiken word nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Dunaiski gesê die land se beperkte hulpbronne moet fokus op velde waar daar groot vaardigheidstekorte is, soos ingenieurswese, sielkunde, olie en gas, en landbou, eerder as om alle grade gelykop te befonds.

