
Begroting: TLU SA sê dis nie geld nie, dis 'n tekort aan ekonomiese rigting
Loading player...
Aan die vooraand van die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring op 12 November waarsku TLU SA dat Suid-Afrika se uitdagings, misdaad, gebrekkige infrastruktuur en swak dienslewering voortspruit uit onduidelike beleid, nie 'n gebrek aan fondse nie. Bennie van Zyl van TLU SA sê die organisasie vra vir duidelike ekonomiese rigting, bekwame leierskap en verantwoordbaarheid. Hy beklemtoon dat begrotings misluk wanneer kundigheid en morele ruggraat ontbreek. Hy sê ware groei vereis duidelike beleide en bekwame uitvoering:

