Registreer by ambassades, Namibiërs in buiteland

Loading player...
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Jenelly Matundu, het Namibiërs wat in die buiteland woon, versoek om by die naaste ambassade te registreer. Dit is noodsaaklik vir hul veiligheid tydens noodgevalle. Matundu het in die parlement gesê dat ambassades dikwels onregverdig gekritiseer word vir swak prestasie, maar dat hulle 'n sleutelrol speel in die beskerming van burgers en die bystand van diegene in nood in die buiteland.
6 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog ‘n anti-Semitiese aanval in Londen

Twee Joodse mans is in die Golders Green-gebied van Noord-Londen met 'n mes gesteek, wat die polisie amptelik as 'n terroriste-voorval verklaar het. Die slagoffers, 76- en 34-jaar oud, is in 'n bestendige toestand in die hospitaal. Hierdie voorval volg op 'n vlaag antisemitiese aanvalle in Brittanje. Die hoof van…
30 Apr 1AM 1 min

VAE se onttrekking uit Opul goeie nuus vir invoerders

Reaksie word ontvang op die besluit van die Verenigde Arabiese Emirate om Opul op 1 Mei te verlaat, 'n knou vir die olieproduserende groep wat poog om die olieprys te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gesels, wat sê dit is goeie nuus vir petroleum-invoerlande…
30 Apr 1AM 1 min

Versigtig met besteding oor die vakansiedae

Hoe om jouself nie bankrot te maak met al die vakansiedae nie. Vakansiedae is lekker maar duur. Old Mutual Namibia het raad daarvoor. Ashante Manneti, Old Mutual se stigting en kleinhandel bemarkingsbestuur gee raad.
30 Apr 1AM 1 min

Amupanda hoor vandag oor regskostes in rooilynsaak

Na regter Shafimana Ueitele ‘n jaar gelede uitspraak met vrywaring van Job Amupanda se rooilynsaak toegestaan het, het die destydse Vleisraad appèl in die hooggeregshof ingedien teen die kostebeskermingsbevel wat die regter aan Amupanda toegestaan het. Die raad sê Amupanda het nie genoegsame bewyse gebring om die bevel te bekom…
30 Apr 12AM 1 min

Atoomenergie-raad om kernstrategie te dryf, ingehuldig

Namibië se sesde Atoomenergie-raad is amptelik ingehuldig, wat 'n transformerende mylpaal in die land se kernenergiesektor aandui. Die raad, onder leiding van dr. Shitaleni Herman, is getaak met die implementering van die Kernbedryfstrategie en die 6de Nasionale Ontwikkelingsplan. Die fokus is op die opdatering van wetgewende raamwerke, die bou van…
30 Apr 12AM 1 min