Woord vir Vandag - 27 Nov 2025

Loading player...
“Daarom… is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan…” Romeine 8:12 NLV

‘n Gebed vir verlossing van verslawing

‘Hemelse Vader, u Woord sê: ‘Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat die dooie Jesus opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. Daarom… is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan en nie daarvolgens sal lewe nie. Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle onder die invloed van die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe’ (verse 11-13 NLV). Ek is moeg daarvoor om met hierdie gewoonte te sukkel en erken dat ek magteloos daaroor is. Ek maak dus nou ‘n belofte om my wil aan u oor te gee. Gee my die krag om nie net nee vir Satan se versoeking te sê nie, maar om ‘n sterker ja vir U en u plan vir my lewe te sê. U ken die leemte wat ek probeer vul. Neem asseblief my begeerte aan hierdie gewoonte weg en help my om die drang daarna te weerstaan. Leer my om dag na dag in oorwinning te stap, in plaas daarvan om te dink dat ek die probleem dadelik kan oplos. U Woord sê dat as die Seun my vrymaak, sal ek waarlik vry wees (sien Johannes 8:36). U Woord sê dat ek deur Hom wat my liefhet, meer as ‘n oorwinnaar kan wees (sien Romeine 8:37) U Woord sê: ‘Nee, soos ‘n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus ‘aantrek’, en nie ‘n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie’ (Romeine 13:14 NLV). Geklee in u teenwoordigheid en krag, sal ek elke dag in oorwinning oor hierdie gewoonte begin stap.’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min