VERSKILMAKERS: ZA Cheetah Conservation

Loading player...
Vandag in Verskilmakers hoor ons ’n storie van liefde, moed en ’n ma se besluit om hoop te kies ná ondenkbare verlies.

Bianca Pretorius se dogtertjie, Isabella, is in 2016 gebore met ernstige gesondheidsprobleme en is ná ’n lang en dapper stryd in 2024 oorlede aan Diamond Blackfan Anemia – ’n uiters seldsame bloedtoestand. Ten spyte van jare in hospitale en pyn, was Isabella ’n kind vol lig, liefde en ’n besondere passie vir diere, veral groot katte soos jagluiperds.

Bianca het belowe om Isabella se droom voort te sit deur ander te leer oor bewaring. Sy werk tans aan ’n kinderboek en het ’n nie-winsgewende organiasasie genaamd, Save A Spot For Isabella (SASFI), op die been gebrnk wat projekte sal ondersteun by ZA Cheetah Conservation in Bela-Bela/Warmbad. Hierdie projek eer Isabella se lewe deur hoop en bewaring hand aan hand te laat loop — en om jong kinders te leer hoe belangrik dit is om diere en die natuur te beskerm.
10 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

GEEWEEK - SAAI

Pieter Grobbelaar is 'n avokadoboer van Tzaneen-omgewing en hy kom vertel eerstehands watter uitdagings die boere in die gesig staar en hoe SAAI hierdie boere daagliks bystaan.
27 May 6AM 37 min

GEEWEEK - Eleos

Elize Visser, Christa Botes en Hester Bester vertel van die waarde van terapie en hoe Eleos die dames in hul gemeenskap help om weer met waardigheid en selfvertroue die lewe in die oë te kyk.
26 May 8AM 37 min

GEEWEEK - Hanna Charity

Hanna Grobler en Charlene Jackson van Hanna Charity sluit by Sarina aan om te vertel van die werk wat hierdie organisasie doen.
26 May 8AM 33 min

Snoete-goete: Menskos wat gevaarlik kan wees vir jou troeteldier

Vandag gesels ons met veearts Annarie Greyling oor iets wat baie troeteldiereienaars dalk nie besef nie — sekere menskos kan gevaarlik, en selfs dodelik, vir diere wees. Van sjokolade tot druiwe en uie — sommige alledaagse kosse hou groot risiko’s in vir ons honde en katte. Sy deel vandag belangrike…
22 May 6AM 10 min