Wêreld Aannemingsdag - Pieter Cloete deel sy storie

Loading player...
Op 9 November word Wêreld Aannemingsdag gevier. Sarina het vir Pieter Cloete genooi om sy verhaal van aanneming, identiteit en aanvaarding. . Ná dekades van selfsoek het Pieter onlangs, deur ’n DNS-toets, begin om die raaisels van sy biologiese herkoms te ontrafel. Tog lê sy ware ontdekking nie in genetika nie, maar in die besef dat familie iets is wat gekies, nie net gebore word nie. Vandag leef dié storie voort in sy eie lewe: Pieter en sy gesin sorg vir ’n seuntjie in pleegsorg wat hulle hoop om aan te neem, 'n nuwe hoofstuk van liefde en behoort wat sy eie aannemingsreis op die mooiste manier weerspieël. deel.
10 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Baba slaapmusiek: Wood&Whisper

Wood & Whisper is Christiaan Jacobsz (CH2) se splinternuwe projek waar hy slaapmusiek komponeer om baba's (en ouers!) te help om beter, langer en dieper te slaap. Hy verduidelik die wetenskap daaragter en vermaak ons met sy kitaartalent.
13 Apr 6AM 15 min

Snoete-goete: Vetbooks4Africa

Sarina gesels met ’n groep toegewyde veeartsenystudente van University of Pretoria Onderstepoort wat boeke, kennis en hoop na diere- en bewaringsprojekte regoor Afrika vat. Dis alles oor liefde vir diere, opleiding en om ’n verskil te maak waar dit regtig saak maak. Lonika Tukker en Calvyn Coetzee sluit by ons…
10 Apr 5AM 13 min

VERSKILMAKERS: Beyond Barriers Foundation

Beyond Barriers Foundation is ’n organisasie wat grense verskuif vir atlete met fisiese gestremdhede. Ná ’n lewensveranderende rugbybesering het stigter Dano Swart besluit om nie net sy eie pad te herdefinieer nie, maar om saam met sy span – insluitend Frans-Hendrik Badenhorst – ’n gemeenskap te bou waar "differently abled"…
9 Apr 5AM 10 min