Unspoken War

Loading player...
Unspoken War is ’n rou en eerlike vyfdelige Showmax- en M-Net-dokureeks wat lig werp op Suid-Afrika se grensoorlog – van 1966 tot 1989. Met seldsame argiefmateriaal en intieme getuienisse van voormalige soldate, SWAPO-vegters, families en historici, word die menslike prys van ’n oorlog sonder erkenning of gesprek uiteindelik oopgevlek. Die projek is persoonlik geïnspireer deur junior vervaardiger Minette van der Walt se ontdekking van haar pa se oorlogservaring. Minette sluit saam met vervaardiger Elle Oosthuizen by Sarina aan in die ateljee.
12 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: The Butterfly Foundation

The Butterfly Foundation het ontstaan uit ’n eenvoudige maar kragtige begeerte: om terug te gee aan die gemeenskap en God se liefde tasbaar uit te leef. Wat begin het as ’n groep vriende met ’n hart vir diensbaarheid, het gegroei tot ’n geloofsgedrewe organisasie wat mense, vaardighede en hulpbronne mobiliseer…
12 Feb 4AM 12 min

Snoete-goete: Animotion

Wanneer ons aan prosteses dink, dink ons gewoonlik aan mense — maar tegnologie verander ook die lewens van diere wat ledemate verloor het weens beserings, ongelukke of aangebore toestande. Organisasies soos Animotion help om spesiaal-ontwerpte prosteses vir diere te ontwikkel, wat hulle weer mobiliteit, onafhanklikheid en ’n beter lewensgehalte gee…
6 Feb 8AM 8 min