Snoete-goete: Kameelperdnavorsingsfasiliteit geopen

Loading player...
Die Universiteit van die Vrystaat het pas geskiedenis gemaak met die opening van die wêreld se eerste Kameelperd-navorsingsfasiliteit by Amanzi Privaat Wildreservaat naby Bloemfontein. Onder leiding van Prof. Francois Deacon, ’n ware kampvegter vir die bewaring van kameelperde, gaan hierdie sentrum help om die diere beter te verstaan en te beskerm. Met die steun van Save the Giraffes, Absolute Genetics en die Kroonstad Dierehospitaal is dit ’n groot stap vorentoe vir kameelperdbewaring — en vir Suid-Afrikaanse wetenskap.
17 Nov 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Kraanvoëlsensus

Suid-Afrika se ikoniese kraanvoëls het ons hulp nodig. Ná byna 20 jaar word die nasionale Kraanvoëlsensus weer van stapel gestuur, en dié keer kan enige Suid-Afrikaner maklik via WhatsApp deelneem. Die inisiatief sal help om beter te verstaan waar Bloukraanvoëls, Lelkraanvoel. en Mahem- of Kroonkraanvoëls voorkom, hoe hul getalle verander…
24 Jul 6AM 7 min

VERSKILMAKERS: Potter's Haven

Vir byna 30 jaar is Potter's Haven in Springs 'n veilige hawe vir babas en kinders wat mishandel, verwaarloos of verlaat is – baie van hulle met gestremdhede of spesiale behoeftes. Maar die organisasie is tans onder geweldige finansiële druk en doen 'n dringende beroep op die publiek en besighede…
23 Jul 6AM 15 min

VERSKILMAKERS: Make Pretoria Great Foundation

Ons almal wil in 'n skoner, veiliger en beter Pretoria woon, maar waar begin 'n mens? Die Make Pretoria Great (MPG) Foundation bring inwoners, besighede en die regering bymekaar om praktiese verandering in ons stad te bewerkstellig. Van die herstel van infrastruktuur tot die opknapping van openbare ruimtes – hulle…
23 Jul 5AM 9 min

Aktualiteit: Tshwane metro moet Varsproduktemark opknap

Die Tshwane-varsproduktemark is 'n belangrike skakel in Suid-Afrika se voedselvoorsieningsketting, maar jare van verval en gebrekkige instandhouding het groot kommer veroorsaak. Nou het 'n hofbevel die Tshwane-metro opdrag gegee om die mark op te knap en noodsaaklike verbeterings aan te bring. Gjalt Hoogiemstra van die Instituut vir Markagente van Suid-Afrika…
23 Jul 3AM 6 min

ABC van Ouerskap: J- Jol

In die ABC van Ouerskap is ons vandag by die letter J vir JOL! Wanneer ons aan speel dink, dink ons dikwels aan pret en tydverdryf. Maar vir kinders is speel eintlik ernstige werk – dit is hoe hulle leer, ontwikkel, probleme oplos en die wêreld ontdek. Om meer hieroor…
21 Jul 4AM 13 min