Werkgewers val weg 'weens hoë belasting, min aansporings'

Loading player...
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië byna twee derdes van sy werkgewers in vyf jaar verloor het. Dit is volgens Robert McGregor, hoof van navorsing by Cirrus. Hy sê die aantal individue wat hulle as werkgewers identifiseer, het van ongeveer 45 000 in 2018 tot slegs 15 000 in 2023 gedaal, wat die verlies van ongeveer 30 000 besighede verteenwoordig. Die krimpende werkgewersbasis vorm die kern van Namibië se groeiende werkloosheidskrisis. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar by die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, Job Muniaro gekry.
17 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die…
29 Apr 5AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min

Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers, soos deur ekonome voorspel, onveranderd op 6,5 persent gelaat het. Ekonoom Kara van den Heever van Momentum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Apr 5AM 1 min