LPM looi ECN, eis kommissaris verwydering

Loading player...
Die LPM vra vir die dringende verwydering van die Verkiesingskommissie van Namibië se kommissarisse, en beskuldig die liggaam van vooroordeel, onbevoegdheid en skending van SAOG-verkiesingbeginsels. Die party sê in 'n verklaring die kommissie het nie daarin geslaag om onpartydige verkiesings te hou nie, het die LPM se aktiwiteite in sommige streke geblokkeer, stembriewe verkeerd hanteer, en noue bande met die regerende party behou. Ivan Skrywer van die LPM het aan die nasionale uitsaaier gesê hulle het Vrydag aan die kommissie geskryf oor die tekort aan stembriewe wat by die regeringspakhuis waargeneem is. Hy het meer.
18 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-goewerneur teken ooreenkomste vir jeugbemagtiging

Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM 1 min

Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE

COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa…
8 Dec 10AM 1 min

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min