Aktualiteit: G20 beraad - Theo Venter lewer kommentaar

Loading player...
Die G20-beraad in Johannesburg word voorafgegaan deur groot internasionale spanning, met verskeie wêreldleiers – insluitend Xi Jinping en Donald Trump – wat besluit het om weg te bly. Ondanks hierdie afwesighede hou die regering vol dat Suid-Afrika gereed is om die geleentheid suksesvol aan te bied. Politieke ontleder Theo Venter help ons om sin te maak van die groter prentjie en wat die beraad vir SA kan beteken.
19 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Baba slaapmusiek: Wood&Whisper

Wood & Whisper is Christiaan Jacobsz (CH2) se splinternuwe projek waar hy slaapmusiek komponeer om baba's (en ouers!) te help om beter, langer en dieper te slaap. Hy verduidelik die wetenskap daaragter en vermaak ons met sy kitaartalent.
13 Apr 6AM 15 min

Snoete-goete: Vetbooks4Africa

Sarina gesels met ’n groep toegewyde veeartsenystudente van University of Pretoria Onderstepoort wat boeke, kennis en hoop na diere- en bewaringsprojekte regoor Afrika vat. Dis alles oor liefde vir diere, opleiding en om ’n verskil te maak waar dit regtig saak maak. Lonika Tukker en Calvyn Coetzee sluit by ons…
10 Apr 5AM 13 min

VERSKILMAKERS: Beyond Barriers Foundation

Beyond Barriers Foundation is ’n organisasie wat grense verskuif vir atlete met fisiese gestremdhede. Ná ’n lewensveranderende rugbybesering het stigter Dano Swart besluit om nie net sy eie pad te herdefinieer nie, maar om saam met sy span – insluitend Frans-Hendrik Badenhorst – ’n gemeenskap te bou waar "differently abled"…
9 Apr 5AM 10 min