Left Sleeve kom inspireer en motiveer

Loading player...
Left Sleeve is ’n woordsmid, sosiale media-inhoudskepper en motiveringsspreker met 'n onglooflike storie van verslawing en sy pad na herstel. Sy stories is deurdrenk met dankbaarheid, omgee en die waardes wat hy by sy ouers geleer het. Hy gebruik sy eie lewe – die seer én die oorwinnings – om ander te inspireer. Hy het sy storie met Sarina kom deel en sommer regstreeks vir ons kom dig!
19 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: The Butterfly Foundation

The Butterfly Foundation het ontstaan uit ’n eenvoudige maar kragtige begeerte: om terug te gee aan die gemeenskap en God se liefde tasbaar uit te leef. Wat begin het as ’n groep vriende met ’n hart vir diensbaarheid, het gegroei tot ’n geloofsgedrewe organisasie wat mense, vaardighede en hulpbronne mobiliseer…
12 Feb 4AM 12 min

Snoete-goete: Animotion

Wanneer ons aan prosteses dink, dink ons gewoonlik aan mense — maar tegnologie verander ook die lewens van diere wat ledemate verloor het weens beserings, ongelukke of aangebore toestande. Organisasies soos Animotion help om spesiaal-ontwerpte prosteses vir diere te ontwikkel, wat hulle weer mobiliteit, onafhanklikheid en ’n beter lewensgehalte gee…
6 Feb 8AM 8 min